Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Schengen-ooreenkoms

Schengen-lidlande volgens datum

   EU-lidlande wat deelneem

   EU-lidlande wat nie deelneem nie maar later sal mag aansluit

   EU-lidlande wat nie te hoef deelneem nie

   Nieu-EU-lidlande wat deelneem

   Nieu-EU-lidlande wat de facto deelneem

   Nieu-EU-lidlande sonder grensbeheer

Die Schengen-ooreenkoms is 'n ooreenkoms wat in 1985 in 'n klein Luxemburgse dorpie Schengen onderteken is en die geleidelike afskaffing van die grensbeheer tussen sommige lidlande van die Europese Unie beoog het. In 1990 is 'n Konvensie onderteken wat dit geïmplementeer het en in 1995 is die grensbeheer tussen sewe lidlande opgehef.

Dit het begin as 'n intergoewermentele ooreenkoms tussen dié lidlande (los van die EU) maar dit het later deel van die EU-wetgewing geword. Vandag beslaan Schengen al die lidstate van die EU behalwe vir Bulgarye, Siprus, Roemenië en Ierland, maar Ysland, Noorweë, Switserland en Liechtenstein wat nie deel van die EU uitmaak nie, het nogtans by die Schengen-akkoord aangesluit.[1]

Gibraltar sou ook deel van die Schengensone word maar in 2023 word nog aan 'n nuwe ooreenkoms tussen die VK, die EU en Spanje gewerk om tot 'n definitiewe status te kom.[2] Kroasië het in 2023 toegetree. Roemenië en Bulgarye het in 2023 opnuut gevra om aan te sluit, maar Oostenryk het sy veto gebruik. Nederland het ook Bulgarye geblokkeer maar sy besware teen Roemenië teruggetrek. Later het die Europese Parlement beide lande opgeroep om hulle besware te verskaf.[3] Op 1 Januarie 2025 het beide Bulgarye en Roemenië lidlande van die Schengen-ooreenkoms geword.[4]

  1. (en) Amptelike webwerf van die Europese Kommissie
  2. (en) Benjamin Fox (27 Januarie 2023). "UK and Spain inch forward on Gibraltar deal". Euractiv.
  3. (en) Matthew Karnitschnig (27 April 2023). "Austria sticking to veto on Schengen expansion, foreign minister says". Politico.
  4. (en) "Schengen: Council decides to lift land border controls with Bulgaria and Romania". Raad van die Europese Unie. 12 Desember 2024. Besoek op 1 Januarie 2025.

Previous Page Next Page