Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Sebumklier

’n Skematiese voorstelling van die haarsakkie en sebumkliere.

Sebumkliere of talgkliere is mikroskopiese kliere in die vel wat ’n olierige of wasagtige stof deur buise afskei. Die afskeiding word sebum of talg genoem. Die sebum smeer die vel en hare van soogdiere en maak dit waterdig. In mense kom die grootste aantal kliere aan die gesig en kopvel voor, maar ook aan ander dele van die vel behalwe die handpalms en voetsole. In die ooglede is ’n soort sebumkliere wat ’n spesiale sebum in trane afskei. Areolêre kliere om ’n vrou se tepels is nog ’n voorbeeld van sebumkliere.

As die kliere te veel sebum afskei, kan dit verskeie mediese toestande veroorsaak, soos aknee of sebumsiste.


Previous Page Next Page