’n Sespak, ook bekend as 'n blokkiesmaag, is die gespierde maag van ’n mens wat met strawwe oefening verkry word. Die naam kom van die feit dat dit lyk soos byvoorbeeld ’n sespak bier. Die spiere staan vertikaal drie-drie en horisontaal twee-twee uit. Dit kan ook ’n agt- of tienpak vorm, want daar is eintlik vyf vertikale seksies aan elke kant. Die onderste twee seksies aan weerskante is egter net bo die skaambeen geleë en is gewoonlik nie sigbaar nie.
Anatomies beskou, is ’n sespak die kontoere van die vlak reguit buikspier (musculus rectus abdominis). Die horisontale bane word deur spierveselkruisings gevorm. Die vertikale bane lê weerskante van die linea alba.
Voordat ’n mens met ’n sespak kan spog, moet al die buikspiere intensief geoefen word. ’n Laevetdieet is ook nodig sodat die spiere onder die vetlaag beter sigbaar is.
Die volgende faktore is ook belangrik: