Shangdu* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Shangdu (hier "Ciandu", soos Marco Polo dit gespel het) op ’n Franse kaart van Asië uit 1650. In dié tyd was Shangdu reeds drie eeue lank in puin. | |
Lande | Volksrepubliek China (Binne-Mongolië) |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | ⅰ,ⅱ,ⅳ,ⅵ |
Verwysings | 1389 |
Streek† | Asië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2012 (36ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Shangdu (Chinees: 上都, "Boonste Hoofstad"), ook bekend as Xanadu (Mongools: Šandu), was die hoofstad van Koeblai Khan se Yuan-dinastie in China voordat hy besluit het om sy troon na die Jin-dinastie se hoofstad, Zhōngdū (中都, "Middelste Hoofstad") te skuif. Hy het dit toe hernoem tot Khanbaliq; dit is die hedendaagse Beijing. Shangdu het toe sy somerhoofstad geword.
Die Venesiese reisiger Marco Polo het Shangdu omstreeks 1275 besoek, en in 1369 is die stad deur die Ming-leër onder Zhu Yuanzhang verwoes.