Sikahert | |
---|---|
’n Sikahertram. | |
Ooie. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. nippon
|
Binomiale naam | |
Cervus nippon (Temminck, 1838)
| |
Subspesies | |
Sien teks. |
Die sikahert (Cervus nippon), ook bekend as die Japannese hert, is ’n spesie takbokke wat inheems is aan Oos-Asië en na ander dele van die wêreld uitgevoer is. Dit is voorheen aangetref in van Noord-Vietnam tot die Russiese Verre-Ooste,[1] maar kom nie meer in dié streke voor nie, buiten Japan waar dit uiters volop is.[2]
Die naam kom van die Japannese naam sjika vir "hert"; dit is in Japan bekend as nihonjika, letterlik "Japannese hert".