Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Siklosporien

Siklosporien se chemiese struktuur

Siklosporien is 'n kalsineurien-remmer wat gebruik word as 'n immuunonderdrukkende middel. Dit is 'n natuurlike produk. Dit word per mond of deur inspuiting in 'n aar geneem vir rumatoïede artritis, psoriase, Crohn se siekte, nefrotiese sindroom en by orgaanoorplantings om verwerping te voorkom.[1][2] Dit word ook gebruik as oogdruppels vir keratokonjunktivitis sicca (droë oë).[3]

Algemene newe-effekte sluit in hoë bloeddruk, hoofpyn, nierprobleme, verhoogde haargroei en braking.[2] Ander ernstige newe-effekte sluit in 'n verhoogde risiko van infeksie, lewerprobleme en 'n verhoogde risiko van limfoom.[2] Die bloedvlakke van die medikasie moet nagegaan word om die risiko van newe-effekte te verminder.[2] Gebruik tydens swangerskap kan lei tot voortydige geboorte; dit blyk egter dat siklosporien nie geboortedefekte veroorsaak nie.[4]

  1. Stuart MC, Kouimtzi M, Hill SR (2009). WHO Model Formulary 2008. Wêreldgesondheidsorganisasie. p. 221. hdl:10665/44053. ISBN 9789241547659.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 "Cyclosporine". The American Society of Health-System Pharmacists. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2016. Besoek op 8 Desember 2016.
  3. "Cyclosporine eent". The American Society of Health-System Pharmacists. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2016. Besoek op 8 Desember 2016.
  4. "Cyclosporine Use During Pregnancy". Drugs.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2017. Besoek op 20 Desember 2016.

Previous Page Next Page






سيكلوسبورين Arabic سیکلوسپورین AZB Ciklosporin BS Ciclosporina Catalan Ciclosporin CY Ciclosporin German Κυκλοσπορίνη Greek Ciclosporin English Ciclosporina Spanish Ziklosporina EU

Responsive image

Responsive image