Sint-Truiden Sintruin / Sintreen Saint-Trond | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Stadhuis en Onze-Lieve-Vrouwekerk, Grote Markt | |
Ligging van Sint-Truiden in die provinsie Limburg | |
Koördinate: 50°49′00″N 5°11′00″O / 50.81667°N 5.18333°O | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Vlaandere |
Provinsie | Limburg |
Regering | |
• Burgemeester | Ludwig Vandenhove |
Oppervlak | |
• Totaal | 106,90 km2 (41,27 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 39 579 |
• Digtheid | 370/km2 (1 000/vk. myl) |
Poskode | 3800-3806 |
Skakelkodes | 0032 – 11/12 |
Webwerf | www |
Sint-Truiden (Limburgs: Sintruin of Sintreen, Frans: Saint-Trond) is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die suidweste van die Vlaamse provinsie Limburg, aan die grens met die provinsie Vlaams-Brabant. Die munisipale gebied het 'n oppervlakte van 107 km² en sowat 39 000 inwoners (2011).
Sint-Truiden is die munisipaliteit met die grootste oppervlakte van Limburg. Die plek is in 693 deur die Heilige Trudo gestig. Hy het in Sint-Truiden 'n abdy gestig, wat nog steeds bestaan.