Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Skopboks

'n Skopbokser skerm 'n hoë skop af.

Skopboks is 'n vegkuns, soortgelyk aan boks, waar beide die vuiste en bene gebruik word. Die opponent word dus met beide slaanhoue sowel as skoppe aangeval. Die sport het sy oorsprong in Japan en die Verenigde State, waar dit in die sewentigerjare gewild geraak het. Daar is verskeie vorme van skopboks, maar die gewildste laat slegs houe na die opponent se kop en bors toe.

Skopboks vind in 'n ring of bokskryt plaas. Die deelnemers dra handskoene. Beenskutte word ook soms gedra.

Skopboks word in vyf klasse opgedeel, naamlik:

  1. J-klas (Jeug)
  2. N-klas (Nuwelinge/ Beginners)
  3. C-klas
  4. B-klas
  5. A-klas

Na drie oorwinnings in die N-klas word 'n bokser na die C-klas gepromoveer. Na 6 oorwinnings in die C-klas word na die B-klas opgeskuif. Na agt oorwinnings in die B-klas betree die bokser die A-klas.


Previous Page Next Page






كيك بوكسينغ Arabic Kick boxing AST Kikboksinq AZ Кикбоксинг BA Кикбокс Bulgarian কিকবক্সিং Bengali/Bangla Kickboxing BS Kick-boxing Catalan کیک بۆکسینگ CKB Kickbox Czech

Responsive image

Responsive image