Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Skubdier Tydperk: Paleoseen–Onlangs
| |
---|---|
Manis javanica | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Genera | |
Verspreiding van genera |
Skubdiere, soos miereters of Ietermagoë (orde Pholidota), is soogdiere wat deur die aanwesigheid van opvallende horingskubbe gekenmerk word. Die voorpote het sterk graafkloue waarmee mier- en termietneste oopgegrawe word.
Die diere is uitsluitlik insekte-eters en hul spysverteringskanaal is aangepas sodat die kos verteer kan word, terwyl hul monde heeltemal tandeloos is. Die diere kom slegs in die tropiese en subtropiese gebiede van Afrika en Asië voor. Die meeste spesies se voortbestaan word egter deur die inkrimping van die tropiese woude bedreig. Daar is min oor die ontwikkelingsgeskiedenis van die Ietermagoë (orde Pholidota) bekend, omdat net 'n klein aantal fossiele gevind is. ’n Fossiel van 'n reuseskubdier is op Java in 'n jong Pleistoseenlaag (slegs 11 000 jaar gelede) gevind, en die dier moes ongeveer 2 m lank gewees het.
'n Paar fossiele is in die Oligoseenlae (tussen 26 en 38 miljoen jaar gelede) gevind, maar die skaarsheid van lewende diere en hul fossiele dui daarop dat hul getalle altyd klein moes gewees het. Miereters moes dus vroeg in soogdiere se ontwikkelingsgeskiedenis reeds van die ander soogdiere gedivergeer en 'n selfstandige orde geword het. Hulle kon moontlik uit dieselfde basiese groep as die orde Edentata ontwikkel het.