Sleutelbeen | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
Die sleutelbene (in rooi). | ||
’n Menslike sleutelbeen. | ||
Inligting | ||
Latyn | Clavicula | |
Ligging | Skouers | |
Aangeheg | Ribbes | |
Werking | Dien as stut tussen die skouerblad en borsbeen | |
Eksterne bronne | ||
MeSH | D002968 | |
FMA | 13321 |
Die sleutelbene is lang bene wat as stutte dien tussen die skouerblaaie en borsbeen. Daar is twee: een aan die linkerkant en een regs. Die sleutelbene is die enigste lang bene in die menslike liggaam wat horisontaal lê. Saam met die skouerblaaie vorm hulle die skouergordel. In mense met min vet in dié streek van die liggaam kan die sleutelbene duidelik van buite gesien word. Dit is die bene wat die meeste breek – veral weens ’n impak op die skouers wanneer ’n mens val.[1]