Solomens

Solomens
'n Beeld van die fossiel.

Algemene naam Solomens
Spesie Homo erectus soloensis
Ouderdom 108 000 tot 117 000 jaar
Plek ontdek Solorivier, Java, Indonesië
Datum ontdek 1931-'33
Ontdek deur Willem Oppenoorth
Carel ter Haar
Gustav von Koenigswald

Die Solomens of Solo-mens (Homo erectus soloensis) is 'n subspesies van H. erectus wat sowat 117 000 tot 108 000 jaar gelede,[1] in die laat Pleistoseen, aan die Solorivier in Java, Indonesië, gewoon het. Dié bevolking is die laaste bekende rekord van die spesie. Dit is bekend van 14 skedeldakke, tibias en 'n stuk van die bekken wat naby die dorp Ngandong ontdek is, asook moontlik drie skedels van Sambungmacan en 'n skedel van Ngawi, na gelang van klassifikasie.[2]

  1. Swisher, III, C. C.; Rink, W. J.; Antón, S. C.; Schwarcz, H. P.; Curtis, G. H.; Widiasmoro, A. S. (1996). "Latest Homo erectus of Java: Potential Contemporaneity with Homo sapiens in Southeast Asia". Science. 274 (5294): 1870–1874. Bibcode:1996Sci...274.1870S. doi:10.1126/science.274.5294.1870. JSTOR 2891688. PMID 8943192. S2CID 22452375.
  2. Weidenreich, F.; von Koenigswald, G. H. R. (1951). "Morphology of Solo man". Anthropological Papers of the AMNH. 43. hdl:2246/297. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2021. Besoek op 4 April 2021.

Solomens

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne