Spraakproduksie is die proses waarvolgens gesproke woorde gekies word om geuiter te word, hulle fonetiek geformuleer word en dan aan die einde geartikuleer word deur die motoriese stelsel in die stemorgaan. Spraakproduksie kan spontaan geskied soos wanneer ʼn persoon die woorde van ʼn gesprek saamstel, of reaktief soos wanneer die naam van ʼn afbeelding gegee word of ʼn geskrewe woord hardop gelees word, of ʼn stemnabootsing soos met herhaling van ʼn gesprek.
Spraakproduksie is nie dieselfde as taalproduksie nie aangesien taal ook met handgebare geproduseer kan word.
Met ʼn gewone vloeiende gesprek uiter mense rofweg vier lettergrepe elke sekonde, tien tot twaalf foneme en twee tot drie woorde vanuit ʼn woordeskat wat uit tien- tot honderdduisend woorde saamgestel is.[1] Foute tydens spraakproduksie is relatief laag en kom voor teen ʼn tempo van ongeveer een uit 900 woorde tydens spontane spraak.[2] Woorde wat algemeen geuiter word of van jongs af al aangeleer is of maklik opgeroep word, is vinniger om te uiter as die wat minder gereeld geuiter word, of later aangeleer is of meer abstrak is.[3][4]
Normaalweg word spraak gelewer deur die pulmonêre druk afkomstig van die longe wat klank genereer deur fonasie in die glottis in die larinks, wat dan deur die stemkanaal verander word in verskillende vokale en konsonante. Spraakproduksie kan egter voorkom sonder die longe en glottis deur alaringeale spraak, waar die boonste gedeelte van die stemkanaal gebruik word. ʼn Voorbeeld van sulke alaringeale spraak is Donald Duck-spraak.[5]
Die stemproduksie van spraak kan geassosieer word met die voortbrenging van gesinchroniseerde handgebare wat ten doel het om die begrip van wat geuiter word te versterk.[6]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)