StarSat

StarSat
Tipe: Publiek
Gestig: 2007
Hoofkwartiere: Woodmead, (Suid-Afrika)
Area bedien:Suid-Afrika
Industrie:Telekommunikasie
Produkte:Satelliettelevisiediens
Webtuiste:starsat.co.za

StarSat is die tweede satelliet-TV-diens in Suid-Afrika,[1] na MultiChoice se DStv. Dit het op 1 Mei 2010 begin as TopTV met die uitsaai van 55 videokanale en 25 radiokanale.

Daarna het die Chinese StarTimes 'n groot aantal aandele gekoop in On Digital Media. StarSat word besit deur On Digital Media, 'n nuwe rolspeler in die Suid-Afrikaanse betaal-TV-mark waaraan 'n betaal-TV-uitsaailisensie in September 2007 deur ICASA toegestaan is. Na die betrokkenheid van StarTimes is die naam verander na StarSat. Dus word 20% van On Digital Media besit deur die TV-satellietoperateur SES Astra, wat ook die satellietinfrastruktuur besit waardeur StarSat uitgesaai word en 'n ander 20% deur StarTimes.

StarSat se diens is gemik op die LSM 6-9- demografiese groep in Suid-Afrika. Die StarSat-pakkette is dus gemik op die middelklas- en armer gemeenskappe wat dit nie kan bekostig om DStv aan te skaf nie.

  1. "Goodbye TopTV, Hello StarSat" (in Engels). TVSA. 31 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2014. Besoek op 2 Januarie 2014.

StarSat

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne