Die Strzeleckiwoestyn /tʃəˈlɛtski/ is in die verre noordelike streek van Suid-Australië, suid-wes Queensland en westelike New South Wales geleë. Dit lê noord-oos van die Lake Eyre kom, en noord van die Flinders Bergreeks. Twee ander woestyne, die Tirariwoestyn en die Simpsonwoestyn, lê ook in die Lake Eyre Kom.
Die woestyn beslaan 80,250 km², en is die sewende grootste woestyn in Australië.[1]
Die Dingo draadlyn, Birdsville pad, Strzelecki pad, Diamantinarivier, Cooperspruit (Engels:Cooper Creek) en die Strzeleckispruit loop alles deur die woestyn.
Die woestyn word gekenmerk deur uitgebreide duinvelde, en is die tuiste van drie wildernis areas.
Die Strzeleckiwoestyn is deur Charles Sturt na die Poolse ontdekkingsreisiger Edmund Strzelecki vernoem.[2] Edmund Strzelecki was die eerste nie-inheemse ontdekkingsreisiger in die area, en is kort daarna deur die ongeluk belaaide Burke en Wills ekspedisie gevolg.
Groot gedeeltes van die woestyn word in die Strzelecki Streeksreservaat in Suid-Australië bewaar,[3] en verdere gedeeltes van die oostelike seksie word in die Sturt Nasionale Park in New South Wales bewaar. 'n Bevolking van die bedreigde Dusky Hopping muis woon in hierdie woestyn.
Die Cobbler Sandheuwels (Engels: Cobbler Sandhills) naby Lake Blanche is 'n gedeelte van die Strzeleckiwoestyn waar die duine vervang is met klein ge-êrodeerde knolle, wat meestal met plantegroei aan die bokant bedek is.
Vroeë pogings om hierdie gedeeltes met voertuie te kruis was baie moeilik, en die naam Cobbler Sandheuwels verwys na die skape wat die moeilikste was om te skeer (bekend as "Cobblers").