Subversion | |
Skrywer | CollabNet |
---|---|
Ontwikkelaar | Apache Software Foundation |
Aanvanklike vrystelling | 20 Oktober 2000 |
Programmeertaal | C |
Bedryfstelsel | kruisplatform |
Kategorie | weergawebeheerstelsel |
Lisensie | Apache License |
Webblad | subversion |
Subversion (SVN) is 'n weergawebeheerstelsel wat deur die maatskappy CollabNet ontwikkel word. Ontwikkeling het in die jaar 2000 begin en die doel van die projek was om 'n plaasvervanger vir CVS, 'n ouer weergawebeheerstelsel, te skep. Die sagteware word onder die Apache lisensie uitgegee, wat meebring dat die sagteware gratis is en die bronkode ook vrylik beskikbaar is.