Suid-Ndebele isiNdebele | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Suid-Afrika | |
Gebied: | Mpumalanga, Limpopo, Gauteng, Noordwes | |
Totale sprekers: | 1,1 miljoen (moedertaal, 2011)[1] 1,4 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)[2] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Nguni Suid-Ndebele | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Suid-Afrika | |
Gereguleer deur: | Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | nr
| |
ISO 639-2: | nbl
| |
ISO 639-3: | nbl
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Suid-Ndebele (meestal net Ndebele in Suid-Afrika, ook isiNdebele in Ndebele) is 'n taal in die Nguni-taalfamilie. Dit is 'n amptelike taal van Suid-Afrika waar dit deur ongeveer 1 090 000 mense as moedertaal gepraat word (2011-sensus), hoofsaaklik in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Limpopoprovinsie.
Suid-Ndebele is baie nou verband aan Swazi. In Suid-Afrika is daar dialektiese verskille tussen die taal in die noorde en die suide van die ou Transvaal, bv. in Noord-Transvaalse Ndebele word die taal Nrebele genoem, en daar is verdere dialektiese verskille tussen Suid- en Noord-Ndebele. Die laasgenoemde staan ook bekend as Matabele, is nader verwant aan Zoeloe en word in Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana gepraat.
In die onlangse geskiedenis word Suid-Ndebele erg gemarginaliseer: tot en met die stigting van die Ndebele Bantoestan, KwaNdebele, was mense ontmoedig om die taal in die openbaar te gebruik. Meeste sprekers verkies om Zoeloe te praat, grootliks te danke daaraan dat laasgenoemde taal in skole aangebied word. Deesdae vaar die taal beter, en geniet beter beskerming omrede sy status as amptelike taal in Suid-Afrika.