SuperSport-park | ||
Skare tydens 'n konsert in 2006 by die SuperSport-park
| ||
Ligging | Centurion, Pretoria, Suid-Afrika | |
---|---|---|
Koördinate | 25°51′35.69″S 28°11′43.35″O / 25.8599139°S 28.1953750°O | |
Eienaar | Noord-Transvaalse Krieketunie | |
Kapasiteit | 22 000 | |
Oppervlak | Gras (ook graswalle vir toeskouers) | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1986 | |
Huurders | ||
Northerns (1995–hede) Titane (2004–hede) Tshwane Spartans (2018–hede) |
SuperSport-park, so genoem weens borgskapredes, is 'n internasionale krieketstadion in Centurion, aan die suidekant van Pretoria, Suid-Afrika.[1] Dit het voorheen "Centurion Park" geheet, en is gebou vir die Noord-Transvaalse Krieketunie nadat Bereapark in die middestad van Pretoria te beknop geraak en in onbruik geval het.
"SuperSport-park" is die tuisveld van die Titane, voorheen bekend as Noord-Transvaal. Die stadion kan 'n totaal van 22 000 toeskouers huisves. Die eerste kriekettoets hier is op 16 November 1995 teen Engeland gespeel, waartydens 'n inheemse riviervaderlandswilg aangeplant is om die geleentheid te vier. SuperSport-park is tydens die Krieketwêreldbeker 2003 vir vyf wedstryde ingespan en tydens die Kampioenetrofee 2009 vir agt, waaronder die eindstryd.