TESS | |
---|---|
’n Kunstenaarsvoorstelling van TESS.
| |
Operateur | Nasa/MIT |
Soort tuig | Teleskoop/sterrewag |
Gelanseer | 18 April 2018 |
Halwe lengteas | 240 000 km |
Periode | 13,7 dae |
Lanseervuurpyl | Falcon 9 Block 4 (B1045.1) |
Duur van sending | 2 jaar beplan Verstreke: 6 jaar, 8 maande en 18 dae |
Massa | 362 kg |
Grootte | 3,7 × 1,2 × 1,5 m |
Webtuiste | tess.gsfc.nasa.gov tess.mit.edu |
Status | Aktief |
TESS, kort vir Transiting Exoplanet Survey Satellite, is ’n ruimteteleskoop van Nasa wat ontwerp is om eksoplanete met die oorgangsmetode op te spoor in ’n gebied 400 keer so groot as die een wat deur die Kepler-sending gedek is.[1] Dit is op 18 April 2018 met ’n Falcon 9-vuurpyl lanseer.[2][3]
Tydens sy primêre sending van twee jaar sal die teleskoop na verwagting meer as 20 000 eksoplanete ontdek in vergelyking met die 3 800 eksoplanete wat met sy lansering bekend was.[4] TESS se eerste foto is op 7 Augustus 2018 geneem en op 17 September uitgereik.[5][6][7]
Die doelwit van TESS se primêre sending is om oor twee jaar ’n opname te maak van eksoplanete om die helderste sterre naby die Aarde. Die TESS-satelliet gebruik ’n verskeidenheid wyeveldkameras om ’n opname van 85% van die lug te maak. Dit is met TESS moontlik om die massa, grootte, digtheid en wentelbaan van klein planete te bestudeer, insluitende rotsplanete in die bewoonbare sone van hul sterre. TESS sal teikens verskaf vir verdere waarneming deur die James Webb-ruimteteleskoop sowel as groot grond- en ruimtegebaseerde teleskope van die toekoms. Terwyl in vorige lugopnames deur grondgebaseerde teleskope hoofsaaklik reuse-eksoplanete opgespoor is, sal TESS talle klein planete om die naaste sterre kan opspoor. TESS teken die naaste en helderste hoofreekssterre met planete aan wat die beste sal wees om in groter besonderhede te bestudeer.[8]
TESS gebruik ’n nuwe, hoogs elliptiese wentelbaan om die Aarde met ’n apogeum van omtrent die afstand van die Maan en ’n perigeum van 108 000 km. Dit wentel twee keer om die Aarde vir elke een keer van die Maan: dus in ’n 2:1-baanresonansie.[9] Die wentelbaan sal na verwagting sowat 10 jaar lank stabiel bly.
Die projek is onder leiding van die Massachusetts-instituut vir Tegnologie (MIT).
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)