Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Telesouffleer

Skematiese voorstelling: (1) Videokamera; (2) hulsel; (3) videomonitor; (4) helder glas of balk splitter; (5) die beeld van die onderwerp; (6) beeld vanaf videomonitor

'n Telesouffleer is 'n vertoonapparaat wat die persoon wat praat met elektroniese visuele teks van 'n toespraak voorsê. Die gebruik van 'n telesouffleer is soortgelyk aan die gebruik van witkaarte. Die skerm is aan die voorkant van, en gewoonlik onder die lens van 'n professionele videokamera, en die woorde op die skerm word weerspieël in die oë van die aanbieder met behulp van 'n paneel van helder glas of 'n spesiaalvoorbereide balksplitter. Die lig van die aanbieder kaats deur die voorkant van die glas in die lens in, terwyl 'n hulsel rondom die lens en die agterkant van die glas verhoed dat ongewenste lig die lens binnedring.

Omdat die spreker nie nodig het om af te kyk om sy geskrewe notas te raadpleeg nie, lyk dit of hy die toespraak gememoriseer het, of spontaan praat terwyl hy direk in die kameralens kyk. Witkaarte, aan die ander hand, word altyd weg van die lens af vertoon, en forseer die spreker om na 'n punt langs die kamera te kyk, wat die indruk skep van 'n afleiding.

Die Amerikaanse President Lyndon B. Johnson gebruik 'n telesouffleer terwyl hy die "Civil Rights Act of 1964" aankondig.

Previous Page Next Page






شاشة التلقين Arabic Teleprompter Catalan Teleprompter Czech Teleprompter Danish Prompter German Teleprompter English Tele-sufloro EO Teleprónter Spanish Telehitzemaile EU اتوکیو FA

Responsive image

Responsive image