Thornybush-wildreservaat is 'n privaat wildreservaat, naby Hoedspruit, in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit grens aan die Kapama-wildreservaat en is naby die Timbavati-wildreservaat en die Krugerwildtuin geleë. Die oppervlakte van die reservaat is ongeveer 14 000 ha en bestaan hoofsaaklik uit oop savanne.
Soos met baie private reservate in Suid-Afrika, word Thornybush as 'n ekotoerismebestemming bestuur, dus word die reservaat gefinansier deur middel van 'n aantal privaat kommersiële boskampe wat in die reservaat geleë is. Hulle is betrokke by verskillende soorte projekte, soos om die plaaslike gemeenskap te ondersteun deur bydraes tot omliggende skole en volhoubare boerdery.[1]