Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.
Tigray-oorlog
Ligging van die Tigray-streek in Ethiopië.
Die Tigray-oorlog is 'n voortslepende gewapende konflik, wat in November 2020 in die Tigray-streek van Ethiopië begin het, tussen die spesiale magte van die Tigray-streek (gelei deur die Tigray People's Liberation Front) en die Ethiopiese Nasionale Weermag in alliansie met die Amhara-streek se spesiale magte.[1]Vuurpylaanvalle het oorgespoel na die naburige Amhara-streek en die buurland Eritrea.
Die konflik het gespruit uit die poging van die Ethiopiese eerste minister Abiy Ahmed om die land se politiek van etniese federalisme, 'n magsdelingstelsel wat gebaseer was op etnisiteit en streeksbeheer gee aan individuele etniese groepe wat voorheen gemarginaliseer was, te verander. Die stelsel het ook die Tigray-minderheid op federale vlak bevoordeel.
Deur die etniese en streekgebaseerde partye van die Ethiopian People's Revolutionary Democratic Front, wat 30 jaar lank Ethiopië regeer het, saam te voeg tot 'n landwye Prosperity Party, het Abiy die mag van die Tigray People's Liberation Front (TPLF) bedreig, militêr en polities 'n magtige entiteit binne Ethiopië, wat volgens etnisiteit ongeveer 6% van die bevolking verteenwoordig. Die TPLF het geweier om by die nuwe party aan te sluit en spanning is tussen die twee geskep, wat verder toegeneem het toe 'n betwiste verkiesing in Tigray in September gehou is - in weerwil van die federale regering, wat die nasionale verkiesing weens die covid-19-pandemie uitgestel het.[2]
Die konflik se onmiddellike oorsaak was 'n vermeende aanval die vierde van Desember op die georganiseerde Tigray-magte by die hoofkwartier van die Noordelike Bevel van die Ethiopiese Nasionale Weermag (ENDF), die verdedigingsvleuel van die regering van Ethiopië.
Die federale magte het die hoofstad van Tigray, Mekelle, op 28 November verower, waarna eerste minister Abiy Ahmed die Tigray-operasie “as voltooi” verklaar het. [3] Die TPLF verklaar egter dat die organisasie sal voortgaan om te veg.[4][5] Fesseha Tessema, 'n TPLF-Raadgewer het op 28 Junie 2021 verklaar dat die TPLF weer die hoofstad Mekelle oorgeneem het en dat Ethiopiese magte uit die stad onttrek het.[6]
Massa buitegeregtelike moorde op burgerlikes het gedurende November en Desember 2020 plaasgevind in en om Adigrat,[7] Hagere Selam,[7] in die Hitsats-vlugtelingkamp, [8] en in Humera [9] Mai Kadra [10][11] Debre Abbay [12] en Aksum.[8]
Voorstelle vir vrede en bemiddeling het 'n vroeë November-bemiddeling van die Afrika-unie (AU) deur Debretsion voorgestel en deur Abiy geweier;[13][14] 'n AU-trio van voormalige Afrika-presidente wat einde November Ethiopië besoek het; [15][16] 'n noodgeval Interregering owerheidsberaad van Oos-Afrikaanse regerings- en staatshoofde wat einde 20 Desember 2020 in Djibouti vergader het;[17] en vredesvoorstelle op 19 Februarie deur die TPLF [18] en op 20 Februarie deur die Nasionale Kongres van Groot Tigray ( Baytona), Tigray Independence Party (TIP) en Salsay Weyane Tigray (SAWET). [19] As gevolg van die aanvang van die oorlog het 'n diep humanitêre krisis ontstaan.[20]