Tije | |
---|---|
Koningin van antieke Egipte | |
'n Borsbeeld van Tije, nou in die Egitiese Museum in Berlyn, Duitsland.
| |
Bewind | c. 1390-1353 v.C. (37-50 jaar) |
Eggenoot | Amenhotep III |
Dinastie | 18de |
Gebore | c. 1398 v.C. |
Gesterf | 1338 v.C. (op 40-60 jaar) |
Tije (omstreeks 1398-1338 v.C., ook gespel Taia of Tiji) was die koningin van farao Amenhotep III van antieke Egipte, die moeder van farao Achenaten en die ouma van farao Toetankamen. In 2010 het DNS-toetse bevestig sy is die mummie wat bekend is as die "Ouer Dame" in die grafkelder van Amenhotep II (KV35).