Verkeersopeenhoping

'n Opeenhoping in 'n pad in Moskou.
'n Verkeersknoop in Los Angeles, 1953.

Verkeersopeenhoping is toestand op vervoernetwerke wat plaasvind as die gebruik toeneem, en word gekenmerk deur stadiger spoed, langer reistyd en al hoe meer voertuigtoustanery. Die mees algemene voorbeeld is die fisiese gebruik van paaie deur voertuie. Wanneer die verkeersvraag groot genoeg is dat die wisselwerking tussen voertuie die spoed van die verkeersstroom vertraag, is die gevolg opeenhoping.

Namate vraag die kapasiteit van die pad nader (of van die verkeerskruising op die pad), begin erge verkeersopeenhoping. Dit word ook 'n verkeersknoop (traffic jam) genoem. Verkeersopeenhoping kan daartoe lei dat bestuurders gefrustreerd raak, wat kan lei tot padwoede.

Wiskundig word na opeenhoping gekyk as die aantal voertuie wat op 'n gegewe tyd verby 'n sekere punt beweeg. Die beginsels van vloeidinamika het betrekking op opeenhopings.


Verkeersopeenhoping

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne