Vickers-masjiengeweer

’n Tipiese bemanning wat met ’n Vickers-masjiengeweer skiet.

Die Vickers-masjiengeweer was ’n Britse waterverkoelde .303-masjiengeweer (7,7 mm) wat deur die maatskappy Vickers Limited vervaardig is, hoofsaaklik vir die Britse weermag. Ses tot agt soldate was nodig om dit te beman: een om dit te vuur, een om die ammunisie in te voer en die res om die wapen, ammunisie en bykomende toerusting te help dra.[1] Dit is gebruik van voor die Eerste Wêreldoorlog tot in die 1960's, met lugverkoelde weergawes wat tydens die oorlog ook op vegvliegtuie van die Geallieerdes gemonteer is.

Die wapen was baie stewig en betroubaar. Ian V. Hogg beskryf in Weapons & War Machines ’n voorval in Augustus 1916 toe die 100ste Kompanjie van die Britse Masjiengeweerkorps twaalf uur aaneen met hul Vickers-gewere geskiet het. Hulle het ’n miljoen rondes gevuur sonder ’n enkele weiering. "Dit was hierdie absolute onfeilbare betroubaarheid wat die Vickers gewild gemaak het by elke Britse soldaat wat al ooit een gevuur het."[2]

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2012. Besoek op 27 Januarie 2013.
  2. Hogg, Ian V.; Batchelor, John (1976). Weapons & War Machines. Londen: Phoebus. p. 62. ISBN 0-7026-0008-3.

Vickers-masjiengeweer

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne