’n Volmaan is die maanfase wanneer die Maan heeltemal verlig word soos van die Aarde af gesien. Dit vind plaas wanneer die Aarde direk tussen die Son en die Maan is (meer presies: wanneer die ekliptiese lengtegraad van die Son en Maan met 180 grade verskil). Dit beteken die halfrond van die Maan wat na die Aarde wys, is feitlik heeltemal deur die Son verlig en lyk rond, terwyl die ander kant feitlik heeltemal donker is.
’n Volmaan kom een keer per maand voor. Wanneer die volmaan in die Aarde se skaduwee inbeweeg, is daar ’n maansverduistering en ’n deel of die hele maan kan rooi lyk vanweë die Rayleigh-verstrooiing van blou lig in die Aarde se atmosfeer.[3][4][5]
Maansverduisterings kan net met volmaan voorkom, wanneer die Maan se wentelbaan deur die Aarde se skaduwee loop. Dit gebeur nie elke maand nie omdat die Maan gewoonlik onder of bo die Aarde se skaduwee verbybeweeg. Dié is meestal beperk tot die sonnebaan. Maansverduisterings kan net voorkom wanneer die volmaan naby die twee knope van die wentelbaan voorkom, óf die klimmende óf die dalende knoop. Dit bring mee dat maansverduisterings elke ses maande voorkom, en dikwels twee weke voor of ná ’n sonsverduistering met donkermaan by die teenoorgestelde knoop.
Die tydsverloop tussen soortgelyke maanfases – bekend as die sinodiese maand – is gemiddeld sowat 29,53 dae.
They are the times when the excess of the Moon's apparent geocentric ecliptic longitude λM over the Sun's apparent geocentric ecliptic longitude is 0, 90, 180, or 270 ...
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter: |3=
(hulp)
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter: |3=
(hulp)