Vulkaanslak

'n Vulkaanslak.

'n Vulkaanslak, of net slak, is 'n onreëlmatige en poreuse lawabrok met 'n skurwe, skuimagtige oppervlak wat kristalle kan bevat of nie. Dit is gewoonlik donkerkleurig (meestal donkerbruin, swart of rooipers) en basalties of andesities in sy samestelling. Dit het 'n relatief lae digtheid as gevolg van sy talle klein gasblasies.

Vulkaanslak is die mafiese variant van pluimsteen, en in teenstelling met laasgenoemde het alle slakke 'n spesifieke digtheid van groter as 1, en dit sink in water. Die gaatjies of blasies vorm wanneer gasse wat in die magma opgelos is, ontsnap wanneer 'n vulkaan uitbars en so blasies in die gesmelte rots veroorsaak. Sommige van die blasies vries op die plek wanneer die rots afkoel en stol.

Slakke kan gevorm word as deel van die lawastroom, gewoonlik naby sy oppervlak, of as stukke ejekta (sand, blokke en bomme). In die omgangstaal is vulkaanslakke ook bekend as sintels.[1][2]

  1. Jackson, J.A., J. Mehl, en K. Neuendorf (2005) Glossary of Geology American Geological Institute, Alexandria, Virginia. 800 pp. ISBN 0-922152-76-4
  2. McPhie, J., M. Doyle, en R. Allen (1993) Volcanic Textures A guide to the interpretation of textures in volcanic rocks Centre for Ore Deposit and Exploration Studies, University of Tasmania, Hobart, Tasmania..198 pp. ISBN 9780859015226

Vulkaanslak

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne