Watertrapper | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Podica Lesson, 1831
|
Spesie: | P. senegalensis
|
Binomiale naam | |
Podica senegalensis (Vieillot, 1817)
|
Die Watertrapper (Podica senegalensis) is 'n water standvoël wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Zimbabwe en suidwes Mosambiek. In Engels staan die voël bekend as African finfoot.
Watertrappers is watervoëls wat heelwat ooreenkoms met die slanghalsvoëls vertoon, maar 'n korter en stewiger nek en snawel het. Hulle word meestal op klein, dig begroeide riviere aangetref en is besonder sku. Watertrappers leef van klein waterdiertjies wat hulle vang terwyl hulle swem of duik.
As watertrappers skrik, hardloop hulle soos bleshoenders op die water en soek so gou moontlik skuiling in digte plantegroei. Die nes word gewoonlik op 'n tak net bo die water gebou. Dit bestaan uit stokke en is met riete, gras en blare uitgevoer. Net 2 eiers word meestal in die lente gelê.
{{cite web}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)