Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Weesplaneet

Dié video wys ’n kunstenaarsvoorstelling van die weesplaneet CFBDSIR J214947.2-040308.9.

’n Weesplaneet (ook genoem ’n interstellêre, sonlose of dwaalplaneet) is ’n voorwerp met die massa van ’n planeet wat direk om die middel van ’n sterrestelsel wentel. Sulke voorwerpe is uit hul planeetstelsels gewerp, of was nooit gravitasioneel aan enige ster of bruindwerg gebonde nie.[1][2] Die Melkweg alleen kan miljarde weesplanete hê.[3]

Sommige voowerpe met die massa van ’n planeet kon op dieselfde manier as sterre gevorm het en die Internasionale Astronomiese Unie het voorgestel hulle word subbruindwerge genoem.[4] ’n Moontlike voorbeeld is Cha 110913-773444, wat uit ’n planeetstelsel gewerp kon gewees het of op sy eie gevorm het om ’n subbruindwerg te word.[5]

Sterrekundiges het die Herschel-ruimtesterrewag en die Baie Groot Teleskoop gebruik om ’n baie jong vrybewegende voorwerp met die massa van ’n planeet (OTS 44) waar te neem en te demonstreer dat sulke voorwerpe die massa van ’n paar Jupiters het. Herschel-infrarooiwaarnemings het gewys OTS 44 word omring deur ’n skyf van minstens 10 aardmassas en kan moontlik eindelik ’n klein planetêre stelsel vorm.[6]

Spektroskopiese waarnemings van OTS 44 met die SINFONI-spektograaf by die Baie Groot Teleskoop het onthul die skyf versamel aktief materie, net soos ’n jong ster.[6] In Desember 2013 is die bestaan van die moontlike eksomaan van ’n weesplaneet, MOA-2011-BLG-262, bekend gemaak.[7]

  1. Shostak, Seth (24 Februarie 2005). Orphan Planets: It's a Hard Knock Life. Space.com, 24 Februarie 2005. Besoek op 5 Februarie 2009 by http://www.space.com/searchforlife/seti_orphan_planets_050224.html.
  2. Lloyd, Robin (18 April 2001). Free-Floating Planets – British Team Restakes Dubious Claim. Space.com, 18 April 2001. Besoek op 5 Februarie 2009 by http://www.space.com/scienceastronomy/astronomy/free_floaters_010403-1.html. Geargiveer 13 Oktober 2008 op Wayback Machine
  3. Neil deGrasse Tyson in Cosmos: A Spacetime Odyssey soos na verwys op National Geographic Geargiveer 13 Maart 2014 op Wayback Machine
  4. Working Group on Extrasolar Planets – Definition of a "Planet" Position Statement on the Definition of a "Planet" (IAU) Geargiveer 16 September 2006 op Wayback Machine
  5. Rogue planet find makes astronomers ponder theory
  6. 6,0 6,1 Joergens, V.; Bonnefoy, M.; Liu, Y.; Bayo, A.; Wolf, S.; Chauvin, G.; Rojo, P. (2013). "OTS 44: Disk and accretion at the planetary border". Astronomy & Astrophysics. 558 (7): L7. arXiv:1310.1936. Bibcode:2013A&A...558L...7J. doi:10.1051/0004-6361/201322432.
  7. "MOA-2011-BLG-262". Extrasolar Planets Encyclopaedia. exoplanet.eu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2015. Besoek op 1 Februarie 2015.

Previous Page Next Page