| ||||
Prinsdom Wladimir-Soezdal in die 11de eeu in Kiëf-Roes | ||||
Hoofstad | Wladimir | |||
Taal/Tale | Oud-Oos-Slawies | |||
Godsdiens | Russies-Ortodokse Kerk | |||
Regering | Monargie | |||
Grootprins van Wladimir | ||||
- 1157–1175 (eerste) | Andrei Bogoljoebski | |||
- 1328–1331 (laaste) | Aleksander van Soezdal | |||
Historiese tydperk | Middeleeue | |||
- Gevestig | 1157 | |||
- Ontbind | 1331 |
Wladimir-Soezdal (Russies: Владимирско-Су́здальская, Wladimirsko-Soezdalskaja), amptelik bekend as die Grootvorstedom Wladimir[1] (1157-1331), was een van die groot prinsdomme wat in die laat 12de eeu die plek ingeneem het van Kiëf-Roes. Die belangrikste sentrum was Wladimir aan die Kljazma. Mettertyd het die prinsdom ontwikkel in ’n grootvorstedom wat in verskeie kleiner prinsdomme verdeel was. Nadat dit deur die Mongoolse Ryk verower is, het die Goue Horde die grootprins gekies en aangestel.
Wladimir-Soezdal word tradisioneel beskou as die wieg van die Groot-Russiese taal en nasionaliteit, en dit het geleidelik ontwikkel in die Grootvorstedom Moskou.