Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. |
Wollongong | |
---|---|
Ligging van Wollongong in Australië | |
Koördinate: 34°25′59″S 150°52′59″O / 34.43306°S 150.88306°O | |
Staat | Australië |
Deelstaat | Nieu-Suid-Wallis |
Stigting | 1815 |
Hoogte | 5 m (16 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 292 190 |
Tydsone | UTC+9:30 (ACST) |
• Somertyd | UTC+10:30 (ACDT) |
Wollongong is 'n kusstad in die Illawarra-streek van Nieu-Suid-Wallis in Australië. Die stad is geleë op die nou kusstrook tussen die Illawarra-eskarp en die Stille Oseaan, 82 kilometers suid van Sydney.
Die stad met sy bevolking van 292 190[1] is die derde grootste stad in Nieu-Suid-Wallis en die negende grootste stad in Australië. Die metropoolse gebied strek vanaf Helensburgh in die noorde tot by Gerroa in die suide en word bestuur deur die City of Wollongong, City of Shellharbour en die Kiama munisipale owerhede bestuur.[2]
Die stad, Wollongong, word in die plaaslike volksmond soms eenvoudig na verwys as "the Gong" en is 'n stad met 'n lang geskiedenis van mynbou en nywerhede. Daar is 'n steenkoolmyn, 'n groot staalwerke en 'n nywerheidshawe. Die stad lok ook jaarliks vele toeriste[3] en is 'n streekskern van die suidkus se visnywerheid. Die Universiteit van Wollongong het ongeveer 22 000 studente[4] en word internasionaal erken.[5]
Wollongong is bekend vir sy vele strande wat geskik is vir branderplankry, groot aantal natuurtonele en die Wollongong botaniese tuine. Daar is twee katedrale, kerke van vele denominasies asook die Nan Tien Tempel, een van die grootste Boeddhiste tempels in die suidelike halfrond.[6]
Wollongong was een van die Australiese gasheerstede tydens die Rugbywêreldbeker 2003.