'n Woonstel is 'n stel kamers in 'n woonstelblok of -kompleks wat as woning vir 'n gesin of enkellopende persoon ingerig is. So 'n woonstel bestaan gewoonlik uit een of meer slaapkamers, 'n kleinerige kombuis en 'n badkamer. Kleiner woonstelle kan ook slegs een kamer hê. Die woonstel se ingang kan op grondvlak wees, of op hoër verdiepings. Trappe en/of 'n hysbak verleen toegang tot gange waarin die woonstelle geleë is. Sekere gemeenskaplike areas word deur al die inwoners gedeel, onder andere: inrypaaie, trappe, gange, vullisarea, wasgoedlyn, gemeenskaplike tuine, 'n swembad, ontspanningsgeriewe ens.