X-strale of x-strale is elektromagnetiese strale soortgelyk aan radio-, hitte- en ligstrale. Hulle het egter baie korter golflengtes en kan deur liggame of voorwerpe dring wat opaak (ligondeurdringbaar) is. X-strale dek die volgende gedeelte van die elektromagnetiese spektrum: 30 EHz – 30 PHz[Nota 1] en golflengtes van 0,01 nm – 10 nm. Hulle het ’n energie van tussen 124 eV en 124 keV.
Die term röntgenstrale, wat soms daarvoor gebruik word, is genoem na Wilhelm Röntgen,[1] wat gewoonlik die krediet daarvoor kry dat hy dit ontdek het; hy het dit "X-strale" genoem om ’n onbekende soort straal aan te dui.[2]
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "Nota", but no corresponding <references group="Nota"/>
tag was found