Xhosa isiXhosa | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [isikǁʰɔ́ːsa] | |
Gepraat in: | ![]() ![]() | |
Gebied: | Oos-Kaap, Wes-Kaap | |
Totale sprekers: | 8,2 miljoen (moedertaal, 2011)[1] 11 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)[2] | |
Rang: | 90 | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Nguni Xhosa | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() ![]() | |
Gereguleer deur: | Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | xh
| |
ISO 639-2: | xho
| |
ISO 639-3: | xho
| |
![]() | ||
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Xhosa (isiXhosa, [isikǁʰɔ́ːsa], taal van die Xhosas en is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 8,2 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus). Dit maak dit die taal met die tweede meeste moerdertaalsprekers in Suid-Afrika ná Zoeloe. Omtrent 11 miljoen mense gebruik Xhosa as tweede taal, en dit is die tweede mees verspreide taal in Suid-Afrika. Die taal is ook nou verwant aan Zoeloe en is deel van die Nguni-taalfamilie: Xhosa en Zoeloe is onderling verstaanbaar en kan byna as dialekte van dieselfde taal gesien word. Xhosa is een van die amptelike tale van Zimbabwe.
in Xhosa) is die0–20%
20–40%
40–60%
60–80%
80–100%
<1/km²
1–3/km²
3–10/km²
10–30/km²
30–100/km²
100–300/km²
300–1000/km²
1000–3000/km²
>3000/km²
Die taal was oorspronklik slegs 'n spreektaal gewees (soos baie ander inheemse tale van Afrika). Eers sedert persone van Europese afkoms, soos die Engelsman Henry Hare Dugmore, die taal bestudeer en 'n grammatika ontwikkel het vir 'n geskrewe taal, kon mense ook in Xhosa skryf. Alle oorvertellings was dus mondelings, of in 'n ander taal wat neergeskryf kon word. Daarom is dit ook moeilik om geskrewe geskiedenis te vind.