Zeerust | |
---|---|
![]() Kerkstraat in Zeerust | |
Koördinate: 25°32′S 26°05′O / 25.533°S 26.083°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Ngaka Modiri Molema |
Munisipaliteit | Ramotshere Moiloa |
Stigting | 1867 |
Oppervlak | |
• Totaal | 57,09 km2 (22,04 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 9 093 |
• Digtheid | 159/km2 (410/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 25.3% |
• Indiërs/Asiërs | 7.4% |
• Bruin mense | 8.5% |
• Swart mense | 57.2% |
• Ander | 1.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 35.1% |
• Tswana | 32.1% |
• Engels | 16.5% |
• Noord-Sotho | 1.2% |
• Ander | 15.1% |
Poskode (strate) | 2865 |
Poskode (posbusse) | 2865 |
Skakelkode | 018 |
Zeerust is 'n kommersiële dorp in die Ngaka Modiri Molema-distrik in Noordwesprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp is geleë in die Maricovallei, 135 kilometer wes van Rustenburg en ongeveer 240 kilometer noordwes van Johannesburg. Die N4 nasionale pad, die hoofverbindingsroete tussen Suid-Afrika en Botswana, loop ook deur die dorp. Groot beesplase word in die gebied gevind, sowel as koring-, mielie-, tabak- en sitrusplase. Daar is ook fluoriet- en chromietmyne in die omgewing. Toerisme vorm 'n vinnig-ontwikkelende bedryf.