Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Andrianjaka

Andrianjaka
Koning van Imerina
Regeer c. 1612-1630
Dinastie Hova
Voorganger Ralambo
Opvolger Andriantsitakatrandriana
Oorlede c. 1630; Antananarivo
Eggenote Ravadifo
Kinders Andriantsitakatrandriana
Vader Ralambo
Moeder Ratsitohinina
Die heuwel Analamanga 400 jaar nadat Andrianjaka dit van die Vazimba verower het.

Andrianjaka het van 1612 tot 1630 oor die Koninkryk Imerina op die sentrale plato van Madagaskar geheers. Al was hy die jongste van koning Ralambo se twee seuns, het hy die troon bestyg op grond van sy sterk karakter en talent as militêre taktikus. Die grootste triomf van sy bewind was die verowering van die heuwel Analamanga van ’n Vazimba-koning. Daar het hy die versterkte kompleks (rova) gebou wat die hart van sy nuwe hoofstad, Antananarivo, gevorm het. Op sy opdrag is die eerste geboue van die kompleks, bekend as die Rova van Antananarivo, opgerig. Planne vir die bou van ’n reeks koninklike grafte is ook opgetrek. Hierdie geboue het ’n blywende politieke en geestelike belangrikheid gehad wat daartoe gelei het dat hulle bewaar gebly het tot hulle in 1995 in ’n brand verwoes is. Andrianjaka het ’n aansienlike voorraad wapens opgebou, wat hom gehelp het om sy beheer oor Imerina te behou en uit te brei.

Andrianjaka kry die lof vir baie van die kulturele praktyke wat Merina se sosiale en politieke lewe vir eeue sou bepaal. Hy het die twaalf heilige heuwels van Imerina aangewys wat die koninkryk se spirituele en politieke hartland sou word en bygedra het tot die vestiging van die koninkryk se tradisionele grense. Clans is aangewys aan spesifieke streke in die koninkryk en dit het die kultuurlandskap verder gedefinieer. Hy het sy mag gekonsolideer deur maatreëls soos om hom die volkstradisie van sampy (gemeenskapsgelukbringers) toe te eien en so te verseker dat al die kragte wat tradisioneel aan hierdie idole toegeskryf is, onder sy beheer alleen was. Merina-tradisies in verband met die begrawe van en rou oor konings kan ook ná dié tyd teruggespoor word.


Previous Page Next Page






اندريانجاكا ARZ Andrianjaka German Andrianjaka English Andrianjaka ET Andrianjaka French Andrianjaka MG Andrianjaka Dutch Andrianjaka Polish Андріаджака Ukrainian

Responsive image

Responsive image