2017 Superrugby | |
Amptelike logo
| |
Deelnemende lande | Argentinië Australië Japan Nieu-Seeland Suid-Afrika |
---|---|
Kampioen | Crusaders (8ste titel) |
Wedstryde gespeel | 135 |
Drieë gedruk | 944 (gem. 6.993 per wedstryd) |
Meeste punte aangeteken | 171 Elton Jantjies (Lions) |
Meeste drieë gedruk | 14 Ngani Laumape, Vince Aso (Hurricanes) |
Die 2017 Superrugbyseisoen het op 23 Februarie 2017 afgeskop, met die eindstryd wat op 5 Augustus gespeel sal word, en voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit is die tweede seisoen van die vergrote 18-span-toernooi en die 22ste van die rugbykompetisie tussen provinsiale spanne van die suidelike halfrond plus een span uit Japan.
Vir 2018 keer die formaat egter terug na 15 deelnemende spanne. Suid-Afrika moes twee spanne van die 2017 seisoen (Cheetahs en Kings[1]) weglaat en Australië een (Force) om in te pas by die nuwe formaat van die kompetisie.