2018 Superrugby | |
Deelnemende lande | Argentinië (1 span) Australië (4 spanne) Japan (1 span) Nieu-Seeland (5 spanne) Suid-Afrika (4 spanne) |
---|---|
Kampioen | Crusaders (9de titel) |
Wedstryde gespeel | 127 |
Drieë gedruk | 925 (gem. 7.283 per wedstryd) |
Meeste punte aangeteken | 223: Bernard Foley, Waratahs |
Meeste drieë gedruk | 16: Ben Lam, Hurricanes |
Die 2018 Superrugbyseisoen was die 23ste seisoen van Superrugby, 'n jaarlikse rugbykompetisie georganiseer deur SANZAAR tussen die spanne van Argentinië, Australië, Japan, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Ná die afgelope twee seisoene waaraan 18 spanne deelgeneem het, het die 2018 uitgawe terugkeer na 'n 15-spanformaat, wat bestaan het uit drie geografiese konferensies.
Suid-Afrika moes twee spanne van die 2017 seisoen (die Cheetahs en Kings) weglaat[1] en Australië een (Force)[2] om in te pas by die nuwe formaat van die kompetisie.