Kenteken van die Rugbykampioenskap | |
Datums | 8 Julie - 29 Julie |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (20 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 44 (7.33 per wedstryd) |
Bywoning | 278 298 (46 383 per wedstryd) |
Meeste punte | Richie Mo’unga (28) |
Meeste drieë | Kurt-Lee Arendse (3) |
← 2022 2024 → | |
Die 2023-Rugbykampioenskapsreeks was die elfde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.
Die toernooi het afgeskop op 8 Julie met Suid-Afrika teen Australië en Argentinië as gasheer vir Nieu-Seeland, en het geëindig op 29 Julie; vroeër en korter as in 2022, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word.[1][2] Die toernooi het om borgskapredes bekendgestaan as The Castle Rugby Championship in Suid-Afrika, The Fortinet Rugby Championship in Nieu-Seeland, The eToro Rugby Championship in Australië en The Zurich Rugbykampioenskap in Argentinië.[3]
Nieu-Seeland het die toernooi vir die 20ste keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Argentinië met die Poematrofee weggestap het.