Abel Erasmuspas | |
Uitsig op die pas, vanaf die Strijdomtonnel
| |
Koördinate: 24°26′49″S 30°36′43″O / 24.44694°S 30.61194°O | |
---|---|
Ligging | Tussen Hoedspruit en Ohrigstad |
Lengte | 11 km |
Oppervlak | Teer |
Begin in | 'n Wapad sedert laat 19de eeu |
Voltooi in | 1959 (JG Strijdomtonnel) |
In | Drakensberg |
Pad | R36 |
Die Abel Erasmuspas is 'n bergpas in die noordoostelike Drakensberg van Suid-Afrika. Die pas is 11 km lank en geleë tussen Hoedspruit en Ohrigstad.
Die pas is genoem na 'n bekende boer en staatsamptenaar in die dae van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Vanaf Ohrigstad daal die R36-hoofpad na die Laeveld en volg 'n ou Voortrekkerpad. Die pas sluit die J.G. Strijdomtonnel in, genoem na die eertydse Eerste Minister van Suid-Afrika adv. J.G. Strijdom. Die tonnel is in 1959 voltooi en is 134 m lank.