Abiy Ahmed | |
Abiy Ahmed in 2018 | |
Eerste Minister van Ethiopië
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 2 April 2018 | |
Vise | Temesgen Tiruneh Adem Farah |
---|---|
President | Mulatu Teshome Sahle-Work Zewde Taye Atske Selassie |
Voorafgegaan deur | Hailemariam Desalegn |
1ste President van die Voorspoedparty
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1 Desember 2019 | |
Vise | Temesgen Tiruneh Adem Farah |
Voorafgegaan deur | Party gestig |
3de Voorsitter van die Ethiopiese Volksrewolusionêre Demokratiese Front
| |
Ampstermyn 27 Maart 2018 – 1 Desember 2019 | |
Vise | Demeke Mekonnen |
Voorafgegaan deur | Hailemariam Desalegn |
Opgevolg deur | Party ontbind |
Leier van die Demokratiese Oromoparty
| |
Ampstermyn 22 Februarie 2018 – 1 Desember 2019 | |
Vise | Lemma Megersa |
Voorafgegaan deur | Lemma Megersa |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Minister van Wetenskap en Tegnologie
| |
Ampstermyn 6 Oktober 2015 – 1 November 2016 | |
Eerste minister | Hailemariam Desalegn |
Voorafgegaan deur | Demitu Hambisa |
Opgevolg deur | Getahun Mekuria |
Direkteur-generaal van die Inligtingsnetwerksekuriteitsagentskap
| |
Ampstermyn 2008 – 2015 | |
Voorafgegaan deur | Teklebirhan Woldearegay |
Opgevolg deur | Temesgen Tiruneh |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Abiy Ahmed Ali 15 Augustus 1976 Beshasha, Kaffa, Ethiopië |
Politieke party | Voorspoedparty Ethiopiese Volksrewolusionêre Demokratiese Front (tot 2019) Demokratiese Oromoparty |
Eggenoot/-note | Zinash Tayachew |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Microlink Inligtingstegnologie Kollege Universiteit van Greenwich Leadstar-bestuurskollege Universiteit van Addis Ababa |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Ethiopië |
Diens/Tak | Ethiopiese Weermag |
Jare in diens | 1991–2010 |
Rang | Luitenant-kolonel |
Eenheid | Weermag Seinekorps |
Oorloë/Veldslae | Ethiopiese Burgeroorlog Verenigde Nasies se hulpsending vir Rwanda Eritrese-Ethiopiese Oorlog |
Toekennings | Nobelprys vir Vrede (2019) |
Abiy Ahmed Ali (Ge'ez: ዐቢይ አህመድ አሊ; gebore op 15 Augustus 1976) is 'n Ethiopiese politikus wat dien as die 12de premier van Ethiopië sedert 2 April 2018. Hy is die eerste Oromo wat dien as voorsitter van die regerende Ethiopiese Volksrevolusionêre Demokratiese Front (EPRDF) van die Demokratiese Oromoparty (ODP), wat een van die vier koalisiepartye van die EPRDF is. Abiy is ook 'n verkose lid van die Ethiopiese parlement en 'n lid van die uitvoerende komitees van die ODP en EPRDF.
Abiy was 'n voormalige intelligensiebeampte van die weermag en het sedert sy aanstelling as premier 'n wye program van politieke en ekonomiese hervormings van stapel gestuur en gewerk aan vredesooreenkomste in Eritrea, Suid-Soedan, en 'n oorgangsooreenkoms in die Republiek Soedan. Abiy is bekroon met die Nobelprys vir Vrede in 2019 vir sy werk in die beëindiging van die twintigjarige naoorlogse territoriale dooiepunt tussen Ethiopië en Eritrea.
In Oktober 2021 is Abiy Ahmed amptelik beëdig vir 'n tweede termyn van vyf jaar.