Abraham H. de Vries | |
---|---|
Gebore | Abraham Hermanus de Vries 9 Februarie, 1937 |
Sterf | 23 Augustus 2024 (op 87) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Abraham Hermanus de Vries (9 Februarie 1937- 23 Augustus 2024) was 'n Afrikaanse kortverhaalskrywer.[1][2][3] Hy word as een van die voorste eksponente in die Afrikaanse kortprosa beskou, veral in sy generering van nuwe betekenismoontlikhede in die struktuur van sy korter tekste. Sy oeuvre moet gelees word binne die raamwerk van nie alleen 'n postmodernistiese kompleksiteit en dubbelsinnigheid nie, maar ook kultuurhistories as een van die Sestigers.
Hy skryf ook die spanningsverhale onder die skuilnaam Thys van der Vyver.