Adam Smith | |
Gebore | 5 Junie 1723 Kirkcaldy, Fife, Skotland |
---|---|
Oorlede | 17 Julie 1790 (op 67) Edinburg, Skotland |
Nasionaliteit | Skotland |
Vakgebied | Politieke filosofie, etiek, Ekonomie |
Alma mater | Universiteit van Glasgow |
Bekend vir | The Wealth of Nations, The Theory of Moral Sentiments |
Beïnvloed deur | Aristoteles,Joseph Butler, David Hume, Hutcheson, Mandeville, Quesnay, Jean-Jacques Rousseau, Edmund Burke |
Invloed op | Bastiat, Friedman, Keynes, Thomas Malthus, Marx, Mill, Ricardo, Friedrich von Hayek, Jean-Baptiste Say, Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Thomas Hodgskin |
Handtekening |
Adam Smith (* 5 Junie 1723, † 17 Julie 1790) was 'n Skotse ekonoom wat gesien word as die grondlegger van die klassieke liberalisme.
Hy was van mening dat die nastrewe van die eie indiwiduele belang in die beste maatskaplike belang is. 'n Vrye mark sou volgens hom die meeste vir die samelewing as 'n geheel oplewer. 'n "Onsigbare hand" van hierdie vrye mark sou die aanwending van hulpbronne effektief organiseer, wat tot harmonie en ewewig sou lei.