Adelaide-lughawe

Adelaide-lughawe
IATA: ADLICAO: YPAD
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar Unisuper (49%)
Staat (19.5%)
Colonial (15.3%)
IFM Investors (12.8%)
Perron Group (3.4%)
Operateur Adelaide Airport Limited
Bedien Adelaide
Ligging Adelaide-lughawevoorstad, Suid-Australië
Spil vir
  • Alliance Airlines
  • Cobham
  • Qantas
  • Rex Airlines
  • Sharp Airlines
Fokuspunt vir
Hoogte bo seevlak 20 vt / 6 m
Koördinate 34°56′42″S 138°31′50″O / 34.94500°S 138.53056°O / -34.94500; 138.53056
Webtuiste adelaideairport.com.au
Landkaart
ADL is in Australië
ADL
ADL
Ligging in Australië
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
05/23 3 100 Teer
12/30 1 652 Teer
Statistieke (2018/19)
Passasiers 8 527 000
Lugbewegings 103 212
Vrag (ton) 25 722
Bron:[1]

Adelaide-lughawe (IATA: ADL, ICAO: YPAD) is die hooflughawe van Adelaide, Suid-Australië en die vyfde besigste in Australië, wat 8,5 miljoen passasiers bedien het in die finansiële jaar wat op 30 Junie 2019 geëindig het.[2] Dit is langs West Beach en ongeveer 6 km wes van die middestad geleë. Dit word sedert 29 Mei 1998 privaat deur Adelaide Airport Limited bedryf onder 'n langtermynhuurkontrak met die Statebondsregering.[3]

Dit is reeds in 1955 gestig, met 'n nuwe dubbeldoel internasionale/binnelandse terminaal wat in 2005 geopen is. Dit het talle toekennings ontvang het, insluitend as die wêreld se tweede beste internasionale lughawe (vir 5–15 miljoen passasiers per jaar) in 2006.[4] Dit is ook aangewys as Australië se beste hoofstadlughawe in 2006, 2009 en 2011.[5]

Gedurende die boekjaar 2018–2019 het Adelaide-lughawe 'n passasiersgroei van 7% internasionaal en 1,3% vir binnelandse en streekpassasiers getoon[6] en daarmee 'n nuwe rekord opgestel vir passasiers wat deur die Adelaide-lughawe bedien is, met 8 090 000 oor die boekjaar. Adelaide-lughawe het ook die grootste internasionale groei van enige Australiese hawe getoon.

  1. "Passasierstatistiek" (PDF). 4 September 2019. Besoek op 8 Oktober 2019.
  2. "Adelaide Airport Posts Earnings And Revenue Growth For 2018–19" (PDF). Australian Aviation. 30 Oktober 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Augustus 2017. Besoek op 31 Oktober 2019.
  3. "Air passengermovements through capital city airports to 2025–26" (PDF). Working Paper 72. Canberra: Bureau of Infrastructure, Transport and Regional Economics. 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 Maart 2012. Besoek op 16 Mei 2012.
  4. "Adelaide Airport: T1" (PDF). Adelaide Airport Limited. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 Julie 2008. Besoek op 1 November 2008.
  5. "Adelaide names Australia's best airport again" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 April 2013.
  6. "Q2 FY19 Passenger Stats Adelaide Airport" (PDF). Adelaide Airport. 14 Maart 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 18 Maart 2019.

Adelaide-lughawe

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne