Adi Parashakti

Adi Parashakti
'n 18de-eeuse skildery van Adi Parashakti uit Bikaner, Rajasthan
'n 18de-eeuse skildery van Adi Parashakti uit Bikaner, Rajasthan
Godin van kosmiese energie; moedergodin
Devanagari आदि पराशक्ति
Affiliasie Para Brahman (Shaktisme), Shakti, Parvati, Lakshmi, Saraswati, Durga, Kali, Radha, Tripura Sundari[1]
Woonplek Manidvipa
Mantra Om aim hreem shreem kleem[2]
Wapen Pasha, ankusha, chakra, shankh, drietandvurk en bidsnoer
Metgesel Shiva

Adi Parashakti (Sanskrit: आदि पराशक्ति, Ādi Parāśakti) is ’n term wat beteken oerenergie of oerkrag en dui op die opperste godin of goddelike moeder in Hindoeïsme.[3] Daar word ook na die godin verwys as "Parama Shakti", "Adi Shakti", "Mahashakti" of net "Shakti". Shaktas glo Adi Parashakti is die opperwese, wat geopenbaar word as die driedubbele godin Saraswati, Lakshmi en Parvati. In Shaivisme word Parvati as haar primêre vorm beskou en in Vaishnavisme Lakshmi of Radha.[4]

  1. Sitaramiah, Pavani (1993). Sri Kalahasti Easwara Mahima. Pavani Sitaramiah. p. 90.
  2. Swami Narayanananda (1960). The Primal Power in Man: The Kundalini Shakti. Health Research Books. p. 50. ISBN 9780787306311.
  3. "Adi Para Shakti- Divine mother". Hindu Scriptures | Vedic lifestyle, Scriptures, Vedas, Upanishads, Itihaas, Smrutis, Sanskrit. (in Engels (VSA)). 13 Desember 2017. Besoek op 13 Mei 2021.
  4. Vanamali (21 Julie 2008). Shakti: Realm of the Divine Mother. Simon and Schuster. p. 204. ISBN 9781594777851.

Adi Parashakti

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne