Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging

ATKV
Tipe Nie-winsgewende organisasie
Gestig 19 Augustus 1930, Kaapstad, Suid-Afrika
Hoofkantoor Randburg,Suid-Afrika
Webwerf http://www.atkv.org.za/
Besturende direkteur ATKV-MSW Sonél Brits

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) is 'n vereniging wat daarna streef om op ’n volhoubare wyse om te sien na die diverse Afrikaanssprekende gemeenskap se taal- en kultuurbehoeftes in Suid-Afrika. Die ATKV is op 19 Augustus 1930 in Kaapstad gestig. Die ATKV het ongeveer 70 000 hooflede en bedryf ongeveer 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek.[1] Die ATKV deel jaarliks talle pryse uit, en is ook bekend vir sy sewe vakansieoorde.[2]

  1. Die ATKV se webtuiste, besoek op 21 Junie 2013
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne