Ainoe アイヌ・イタㇰ, Aynu=itak | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈainu iˈtak] | |
Gepraat in: | Japan Rusland | |
Gebied: | Hokkaido, Sachalin, Koerile | |
Totale sprekers: | 10[1] | |
Taalfamilie: | Geïsoleerd Ainoe | |
Skrifstelsel: | Katakana (tans), Latynse alfabet (tans), Cyrilliese alfabet (Rusland, uitgedien) | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n krities bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ain
| |
ISO 639-3: | ain
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Ainoe (アイヌ・イタㇰ, Aynu=itak; Japannees: アイヌ語, Ainu-go) is die taal wat deur die Ainoe, 'n etnies, kultureel en taalkundig van die Japanners aparte inheemse groep, op die noordelike Japannese eiland Hokkaido gepraat word.
Tot in die 20ste eeu is Ainoe ook in die suidelike gedeelte van Sachalin en op kleiner skaal op die Koerile gebesig. Ainoe bevat drie hoofdialekte,[2] saam met 19 ander dialekte. Net die Hokkaido-variant bestaan nog, die laaste spreker van Sachalin-Ainoe is in 1994 oorlede. Hokkaido-Ainoe is op die punt om uit te sterf, alhoewel pogings aangewend word om dit te laat herleef. In Junie 2008 het die Japannese regering 'n besluit geneem om Ainoe as 'n inheemse taal te erken. Die Japannese regering bou tans 'n fasiliteit wat toegewy is aan die bewaring van die Ainoe-kultuur, insluitende die taal.[3]
Ainoe het geen algemeen aanvaarde genealogiese verhouding met enige ander taalfamilie nie en is nie verwant aan die Japannese Argipel se ander taalfamilie, die Japannese tale, nie; Ainoe word dus as 'n geïsoleerde taal beskou. Sommige taalkundiges groepeer dit saam met Turkse, Mongoolse, Toengoesiese, Koreaanse en Japannese tale by die Altaïese tale, hoewel dit algemeen betwis word.[4] Nes die Japannese tale word Ainoe met die Japannese skryfstelsel, bestaande uit Kanji, Hiragana en Katakana, geskryf. Vir Transliterasie word die Latynse alfabet gebruik; vir Ainoe se uitgestorwe Sachalin-dialek in Rusland is die Cyrilliese alfabet gebruik.