Aljosja Popowitsj (Russies: Алё́ша Попо́вич; letterlik Aleksei, seun van die priester) is nes Dobrinja Nikititsj en Ilja Moeromets ’n bogatir, of Middeleeuse ridder, in die Slawiese folklore. Hy is die jongste van die drie belangrikste helde van Kiëf-Roes. Die drie word saam uitgebeeld in Wiktor Wasnetsof se bekende skildery Bogatiri (regs).
In bilini, of heldeverhale, word hy beskryf as die slu seun van ’n priester wat wen deur sy teenstanders te kul en uit te oorlê. Hy is bekend vir sy ratsheid, sluheid en listigheid. Aljosja hou van pret en word soms uitgebeeld as ’n "bespotter van vroue". Hy is ook soms ’n leuenaar en verkuller.[1] Hy het die draak Toegarin Zmeiewitsj met ’n kullery verslaan. In latere weergawes word die draak verander in ’n Mongoolse khan.
{{cite book}}
: |work=
ignored (hulp); Ongeldige |ref=harv
(hulp) p. 121.