Amitabha | ||
’n Standbeeld van Amitabha in bladgoud met kristaloë (Tokio Nasionale Museum, Japan). | ||
Vertalings | ||
Sanskrit | अमिताभ Amitabha, अमितायूस् Amitayus | |
Bengaals | অমিতাভ (Amitābho) | |
Tibettaans | འོད་དཔག་མེད་ od dpag med | |
Viëtnamees | A-di-đà Phật | |
Tradisionele Sjinees | 阿彌陀佛 | |
Vereenvoudigde Sjinees | 阿弥陀佛 | |
Pinyin | Ēmítuófó | |
Japannees | 阿弥陀仏 (Amida Butsu) | |
Koreaans | 아미타불 (A-mi-ta Bul) |
Amitabha, ook Amida of Amitayus, is ’n hemelse boeddha wat in die geskrifte van die Mahayana-Boeddhisme beskryf word. Amitabha is die hoofboeddha in Suiwer Land-Boeddhisme, ’n tak van die Oos-Asiatiese Boeddhisme, terwyl hy in Vajrayana bekend is vir sy langlewendheid, magnetiserende vuurelement, die basiese aspek van insig, suiwer waarneming en goeie begrip van die leegheid van verskynsels.
Volgens dié geskrifte besit Amitabha oneindige deugde danksy goeie dade oor tallose vorige lewens as ’n bodhisattva met die naam Dharmakara. "Amitabha" kan ook vertaal word as "Oneindige Lig" en daarom word hy ook "die Boeddha van Onmeetbare Lewe en Lig" genoem.