| |||||
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité | |||||
Ligging van die Amsterdameiland in die suidelike Indiese Oseaan | |||||
Kaart van die Amsterdameiland | |||||
Amptelike tale | Frans | ||||
Hoofstad | Geen | ||||
Grootste stad | Geen | ||||
Oppervlakte - Totaal |
58 vk km | ||||
Bevolking - Totaal - Bevolkingsdigtheid |
60 (2009) 1,03/vk km | ||||
Geldeenheid | Euro (€) (EUR) | ||||
Tydsone | UTC: UTC +10 | ||||
Volkslied | La Marseillaise |
Amsterdameiland (Frans: Île Amsterdam /ˈi.lɑ̃.stəˈdɑ̃/ vroeër Nieuw-Amsterdam) is 'n afgeleë Franse sub-Antarktiese eiland geleë by 37°52′S 77°32′O / 37.867°S 77.533°O, omtrent halfpad tussen Australië en Suid-Afrika. Hoewel die eiland vroeër taamlik gereeld deur skepe onderweg tussen Suid-Afrika en Australië besoek is, het die heropening van die Suezkanaal en die byna algehele verdringing van passasierseevaart deur lugvaart verder bygedra tot die isolasie van die eiland.