Anna Elizabeth Botha | |
Presidentsvrou van Suid-Afrika
| |
Ampstermyn 3 September 1984 – 15 Augustus 1989 | |
President | Pieter Willem Botha |
---|---|
Voorafgegaan deur | Marietjie Viljoen |
Opgevolg deur | Marike de Klerk |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 6 Mei 1922 Suid-Afrika |
Sterf | 6 Junie 1997 Kaapstad, Suid-Afrika |
Politieke party | NP |
Eggenoot/-note | Pieter Willem Botha (1943–1997) |
Kind(ers) | 5 |
Anna Elizabeth (Elize) Botha (1922 - 1997), gebore op 6 Mei[1] 1922 as Anna Elizabeth Rossouw, was die vrou van staatspresident Pieter Willem Botha, en gevolglik Suid-Afrika se eerste dame vanaf 1984 tot 1989. Mnr. Botha het van 1978 tot 1984 as die eerste minister van Suid-Afrika gedien.
Mnr. Botha trou op 13 Maart 1943 met Anna Elizabeth Rossouw. Sy was onder die naam Elize bekend en was die dogter van 'n dominee van onder meer die NG gemeentes Senekal en Maitland, dr. S.H. Roussouw (11 Januarie 1890 – 11 Junie 1956).[2] Hulle het twee seuns gehad, Rossouw en Pieter Willem, asook drie dogters, Elanza, Amelia en Rozanne.[3]
Elize Botha was hoofsaaklik in die agtergrond en nie baie in die media nie. Pres. Nelson Mandela het haar later bewonder omdat sy gehelp het om 'n middagete wat hy en die weduwees van apartheid-era leiers bygewoon het te reël.[4]
Sy is op 6 Junie 1997 op 75-jarige ouderdom aan 'n hartaanval oorlede. Sy het in 1978 aneurisme gehad ('n aar in die brein wat lek), maar het daarna tot haar afsterwe goeie gesondheid geniet.[5][6]